|
Die sagste
pels en die kostelike lyfie maak dat die snoesige hasie ‘n gewilde
troeteldiertjie is wat relatief min aandag en versorging vereis. ‘n Mens is
sommer lus om die wollerige bondeltjie op te tel.
Hasies hou
daarvan om in gate te woon en sommer in groot groepe daarby. As jy wel besluit
om ‘n hasie aan te hou , moet jy eerstens sorg dat hulle ‘n goeie hok het. As
die hok buite staan moet dit genoeg skadu hê, want hulle is gevoelig vir
sonsteek. Ons sit sommer ‘n houtkassie aan ons hokke waar hulle beskut is
tesame met skadunet wat gedeeltes van die hok bedek.
Omdat die
hasie tonnels kan grawe is dit beter om die hok se vloer te bedek met ‘n draad
”mesh” anders grawe hulle deur en ontsnap. Indien jy ‘n mannetjie en wyfie
saam plaas maak seker dat hulle genoeg strooi of droeë gras het om ‘n nessie te
bou. ‘n Paartjie kan elke 30 dae kleintjies kry. Dit kan enigiets van 1 –4
kleintjies wees.
Jy kan ook
die hasie daagliks uit die hok laat kom om vry rond te spring. Dit hou hom
gelukkig en gesond en omdat hulle tande gedurig groei moet jy maar die
elektriese koorde van hom weghou want kort voor lank het hy dit deurgekou.
Kort haar
hasies hoef net in die lente en herfs geborsel te word. Langhare soos angoras
moet meer as een keer per week uitgeborsel word. Jy kan die spesiale borseltjie
by ‘n troeteldierwinkel koop. Jy kan selfs jou angora hasie in die somer
‘n haarsny gee.
Gulde
reëls vir ‘n gelukkige hasie
-
Gee kos vgl ‘n gereelde skedule:
soggens droeë kos en saans vars kos
-
Genoeg hooi en vars water moet altyd
beskikbaar wees. Nie saagsels nie , aangesien dit gom kan bevat wat giftige
elemente het wat hulle siek kan maak.
-
Gee ‘n verskeidenheid kos. Vermy
slaai. Die dwerg hasie het ‘n fyn gestel en dit kan lei tot diaree wat weer
tot dood aanleiding kan gee. Verlepte slaaiblare is dodelik vir hulle. Selfs
met kool moet mens versigtig wees, want dit het te veel kalsium. Reken jou
daaglikse kos vir hasies as 80% haaspille en 20% vars groente soos wortels.
Wanneer jy pille koop vat sommer so aan die pak. As die pille groen/ligbruin
met gekapte mielies en bros is is dit gewoonlik baie vars. Hoe varser hoe
beter!
-
Moet nooit kos direk uit die yskas
of vrieskas gebruik nie. Vermy blikkieskos. Moet ook nie melk gee nie.
-
Moet nooit kos gee wat te oud of
gemuf is nie.
-
Hasies hou daarvan om saggies gekrap
te word op die skof van die nek en oor die hele lyf gevryf te word. Hulle hou
nie daarvan om onder die ken of oor die maag gekrap te word nie.
-
Moenie ‘n hasie bad nie, hy hom
skoon deur homself of sy maat te lek.
-
Tel jou hasie versigtig op deur jou
hand onder sy maag in te glip en met jou ander hand die rug te ondersteun. (’n
Hasie het ‘n swak rug). Moet hom nooit aan sy ore op tel nie.
-
Hou die hok skoon om siektes te
voorkom
-
Indien sy ogies loop was dit uit met
gewone water selfs gewone “eyegene” kan ingedrup word.
-
Indien die hasie ‘n loopmagie (diaree)
het, neem alle vars groente by hom weg en gee hom net strooi en pille vir die
vgl paar dae. 5ml Pectrolite gemeng met 5ml water kan 2 keer per dag vir hom
toegedien word met ‘n inspuiting (natuurlik sonder die naald). Was sy
onderkant skoon met watte gedoop in water.
-
Hasies het altyd ‘n toilet nodig al
tel jy hom op die bed. Hulle gebruik gewoonlik een hoek van die hok. Jy kan
hom selfs leer om ‘n sandbak te gebruik.
|